GEE MY SEUNTJIE TERUG VIR MY

  //   by   //   pain  //  No Comments

ek het hom gister na my friend gestuur
net vir n kleine bietjie melk
ek dog hy kom weer gou terug huistoe
maar hy't toe nooit daar opgedaag

ek sit en wonder net waar hy kan wees
en as hy iets het om te eet
watter monster sal my kind van my wegneem
my kind weg neem van sy ma

bring my seuntjie t'rug na my
bring hom t'rug hier in die arms
waar hy warmte sal kry
bring my seuntjie t'rug na my
want hy's my kind
en ek's baie lief vir hom
jy't my kind geneem
waar het jy gegaan
ek sal my eie lewe gee
as jy hom aan my t'rug gee

ek sit en dink ann hom en waar hy is
toe ek die telefoon hoor lui
dit was die polisie om aan my te se
hulle het my kind tog gekry
maar hy sal nooit weer met my glimlag nie
en ek sal hom nooit weer sien
hoe se ek dit nou aan my familie
my seuntjie is , hy is nou dood

gee my seuntjie t'rug vir my
sit die lewe in sy oe en t'rug in sy glimlag
gee my seuntjie t'rug vir my
al is dit die laatse ding wat ek oooit vra
jy't my seun vermoor
hoe kon jy dit doen
al jou straf sal j verdien
want ek sal hom nooit weer sien

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.