Nou

  //   by   //   buddhism  //  No Comments

Nou

As die son
en die maan
en als wat bestaan,
verdwyn.

En nooit weer gevind
om in die oe van 'n kind te verskyn.

Wat 'n wonder gebeur,
niks kan ons versteur,
vannaand.
Vry om te leef
vry om te sweef,
vannaand.

As die rook
en die gruis,
als deel van ons huis,
vergaan.

En nooit weer herbou,
net die vrede behou
en verstaan.

Wat 'n wonder gebeur,
geen grendel
geen deur,
vannaand.

Vry om te leef,
vry om te sweef,
vannaand.

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.