Ons gaan see toe

  //   by   //   childhood  //  No Comments

Sy is opgewonde
Ons gaan see toe!
Ons gaan see toe!
Skree sy

Dis haar eerste keer
By die regte see
G’n swembad die keer nie
Geen selfgemaakte golwe nie.

Dis warm, soutwater en egte golwe
Sy gryp haar emmer en grafie
Vandag wil sy `n sandkasteel bou
Ons gaan see toe!

Ek was see toe
Baie keer al
Ek het kastele gebou
Baie keer al

Maar ek is ouer as haar
En sy was nog nooit daar
Ons gaan see toe!
Ek wens die dag was al klaar…

Sunday, August 19, 2007
8/19/2007 12:57:08 AM

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.